Deur ’n bestelling te plaas, stem jy in tot die volgende bepalings:
Produkte
• Alle produkte is digitale dokumente (PDF)
• Geen fisiese produkte word gestuur nie
Bestellings
• Dit is die kliënt se verantwoordelikheid om seker te maak dat die korrekte produk(te) gekies word
• Bestellings word verwerk volgens die inligting wat deur die kliënt verskaf word
Vereiste inligting
• Die volgende besonderhede is nodig om ’n bestelling te verwerk:
– Produk
– Graad
– Leerder se naam en van
– Skool
– E-posadres
• Bestellings sonder hierdie inligting sal nie verwerk word nie
Betaling
• Betaling geskied via EFT of aanlyn betaling (waar van toepassing)
• Bestellings word slegs verwerk nadat betaling ontvang en verwerk is
• Geen dokumente sal gestuur word sonder bewys van betaling nie
Aflewering
• Produkte word per e-pos afgelewer
• Bestellings word gedurende werksure verwerk
• Aflewering geskied so vinnig as moontlik, gewoonlik binne dieselfde dag
Terugbetalings en omruilings
• Geen terugbetalings of omruilings op digitale produkte nie
• Maak asseblief seker dat die korrekte produk(te) gekies word voordat betaling gemaak word
Aanspreeklikheid
• Ons is nie aanspreeklik vir verkeerde of onvolledige inligting wat deur die kliënt verskaf word nie
• Ons is nie aanspreeklik vir enige tegniese probleme aan die kliënt se kant nie
Gebruik van produkte
• Alle produkte is slegs vir persoonlike gebruik
• Produkte mag nie gedeel, versprei of herverkoop word nie
Algemeen
• Ons behou die reg voor om hierdie terme en voorwaardes te eniger tyd te wysig
